Reguit

EUR 0,00
SKU: 0-9584131-4-2

Onthullings en Gesprekke oor Suid-Afrika se Geskiedenis 1989-1997

Pretoria: Contact Publishers 1997

Sagte band

248 bladsye, fotos

ISBN 0-9584131-4-2

VERGRIFFEN - SOLD OUT

Inhoudsopgawe:

I. DIE VERLIES VAN VRYHEID

1. Niks gebeur per toeval nie
2. Suid-Afrika eerste?
3. Die Rooi Vrydag-Toespraak
4. Nelson Mandela en sy ’rewolusionêre strydmagte’
5. Die ’onomkeerbare’ pad versoening toe
6. Referendum 1992
7. Aarselende weerstand deur die opposisie
8. Die volk na die wapen?
9. Die algemene verkiesung 1994

II. DIE ONDERHOUDE

1. Robert van Tonder (Boerestaat Party, BSP)
2. Jaap Marais (Herstigde Nasionale Party, HNP)
3. Constand Viljoen (Vryheidsfront, VF)
4. Ferdi Hartzenberg (Konserwatiewe Party, KP)
5. Willem Ratte (Boerekommando, Radio Donkerhoek)
6. Andrew Ford (Boereweerstandsbeweging (BWB)
7. Carel Boshoff (Orania)
8. Oor Eugene Terre’Blanche (Afrikanerweerstandsbeweging, AWB)

III. DIE VOLKSTRAUMA

1. Die lewe in die Nuwe Suid-Afrika
2. Oor die oorwonne vyand
3. Alles sal regkom?
4. Oproep

Oor wat handel hierdie boek presies?

In hierdie boek skryf die bekende outeur oor intrige en verraad in Suid-Afrika se jongste geskiedenis. Hy noem die kind by sy naam - reguit. Hy sit FW de Klerk se politiek na die "onomkeerbare pad" uiteen. Maar dr Nordbruch lê ook krities die Boere en sy geesgenote se onvermoë daar om hierdie vernietigingverldtog teen te staan. Dar was te veel gebabbel en geklets en te min dade.
Die boek is besonders waardevol deur die gesprekke wat dr Nordbruch met verskeie Boereleiers en ander opposisie politici gevoer het. Die outeur sê in sy inleiding onder ander, dat nie een van sy gespreksgenote vooraf gevra het om die vraelys te sein of dit gesensueer het nie. Dit is dus te meer opmerklik omdat die skrywer op grond van sy Duitse afkoms en die plofbare onderwerp geen taboes in aanmerking geneem het nie. Die vrae is reguit gestel - iets wat nie noodwendig eie is aan die Boeremanier nie en dus soms die een of ander gespreksgenoot verras het.
Verder reken dr. Nordbruch met Mandela se Nuwe Suid-Afrika onverbiddelik af. Sy gevolgtrekkings slaan die spyker op die kop.

Uittreksels uit die ONDERHOUDE:

Gen Constand Viljoen: Die feit dat ons kommunisme uitgehou het uit Suid-Afrika en dat ons gehelp het om kommunisme wêreldwyd te verslaan beskou ek as my grootse prestasie.

Mnr. Robert van Tonder: Die huidige politiese toestand in Suid-Afrika is seker die grootse gemors in die geskiedenis wat ons ken. Eintlik is dit maar goed dat dit so kom. Nou kan die mense sein wat aan die die gang is.

Prof. Carel Boshoff: Dr. Verwoerd het geglo in die onafhanklikheid, in die vrywording van volke. En hy het daardie ideaal gesien vir die verskillende volke maar ook vir die Afrikanervolk.

Mnr. Andrew Ford: Hierdie regering het kak met die Boere tot sy einde toe. Daar sal nog 'n opstand kom wat die wêreld nog nie gesien het nie.

Dr. Ferdi Hartzenberg: Die Waarheids- en Versoeningskommissie is net 'n groot flip met die propaganda-doeleinde om die Afrikaner in dieselfde posisie te sit in wat die Duitsers gesit het of nog steeds sit: 'Jy is skuldig, jy het gesondig, jy moet boet.'

Mnr. Jaap Marais: 'n Stelsel waar verskillende rasse en volke en godsdienste onder een parlamentêre dak will akkomodeer het nog alttd misluk.

Kmdt. Willem Ratte: In Suid-Wes-Afrika het ons die oorlog gewen teen SWAPO en nogtans het Pik Botha en die puntig mallerige NP-Regering Suid-Wes weggegee. In Suid-Afrika was daar nie eers oorlog nie. Die ANC is deut die Russe beskryf as die mees onsuksesvolle guerrilla-beweging in die wêreld. Suid-Afrika is eenvoudig oorhandig.

Boekbesprekings

Die onderhoude wat gevoer word met Robert van Tonder, Jaap Marais, Constand Viljoen, Ferdi Hartzenberg, Willem Ratte, Andrew Ford en Carel Boshoff, is uiters insigwekkend. Nordbruch se reguit styl is iets wat ons (gebore) Boere nog kan leer: om iets beskaafd reguit te sê sonder om beledigend, venying of afbrekend te wees.
Patriot (Pretoria)

Dit is 'n waardevolle toevoeging tot die politieke debat oor die Nuwe Suid-Afrika.
Universiteit van Pretoria

Dr. Nordbruch het 'n boek geskryf waarvan daar geen gelyke in ons taal bestaan nie. Sy analise van die ANC se sg. Vryheidstryd is briljant. Dr. Nordbruch se boek bereik blywende status as naslaanwerk juis omdat hy so streng objektief bly.
Boerant (Randburg)

Ek moet u gelukwens met die onderneming. Die boek is aantrekklik geproduseer. En die aangetekende uitsprake van verskillende politieke figure het heelwat belangwekkends opgelewer.
Jaap Marais

In 'n boek van dié aard word sobere objektiwiteit allermins verwag, maar Nordbruch slaag daarin om soms met verbasend nugtere denke sy feitematerial te hanteer. Die outeur huiwer nie om by geleentheid besonder krtities na die onlangse geskiedenis in regse kringe te kyk nie.
Nordbruch kom tot die slotsom dat "die NP-Regering niks minder gedoen het nie as om die mense wat aan hom toevertrou is booswilligte bedrieg en te gebruik en daarna op die ashoop te smyt". Hy streef vryheid vir vir al die blankes in 'n eie geografiese gebied na. Maar is oortuig dat verkiesings dit nie sal verwesentlik nie. Ofskoon hy hom nie self tot geweld verbind nie, sluit hy nie die geweld-opsie uit nie. Maar vir diegene wat hulle hoop op hierdie opsie plaas, het hy nie goeie nuus nie, "want op die oomblik bestaan daar realisties gesproke geen moontlikheid dat Suid-Afrikaners, en hier word spesifiek die Boere bedoel, 'n versetpoging van stapel sal stuur nie, omdat hulle hiervoor sielkundig hoegenaamd nie gereed is nie". Hoe dit ook al sy, REGUIT behoort, nieteenstaande die feit dat Nordbruch onverskrokke die regse groeperinge roskam oor vele verlore geleenthede om 'n swart regering te verhoed het, groot inslag onder eersgenoemde te vind.
Volksblad (Bloemfontein)

Price: EUR 0,00