| Vir Vryheid en Reg | ![]() |
| Buitelanders aan Boerekant tydens die Anglo-Boere Oorlog 1899-1902 | |
| Pretoria: Contact Publishers 2000 | |
| Harde band | |
| 228 bladsye | |
| ISBN 0-9584131-1-0 | |
| Preis: 19,80 € - R150,00 |
|
Boekbesprekinge
Die skrywer lig die onderwerp van sy boek, nl. Die buitelandse vrywilligers,
se aktiwiteite in besonderhede uit, maar deur middel van 'n slim teks
toon hy hoe dit met die Boeremagte se operasies aaneenskakel. Die leser
merk op dat die hele teks netjies soos 'n legkaart inmekaar pas. Die 126
foto's in die boek is heel besonders. Daar is bv. 'n foto van die personeel
van die Duitse ambulans, foto's van Spioenkop, Magersfontein, blokhuise,
treinontsporings, opgeblaase brûens, Boerehuise, wat afgebrand word,
kanonne in aksie, hand tot hand gevegte, konsentrasiekampfoto´s,
ens. Die kleurprente is meestal herdrukke van baie skaars en duur prente
wat ´n eeu gelede gedruk is. 'n Boek van puik gehalte. Die enigste boek op die hele mark, wat intensief
die mees onbekende bydrae van buitelanders gedurende die oorlog behandel.
Op bladsy 144 is daar 'n pragtige volblad in kleur met die twee Boere
Republieke se vlae - 'n blad wat kan geraam word en in elke trotse Boer
se sitkamer kan pruik - met die woorde van Dr. Claus Nordbruch: LEWE ONTVANG
'N MENS TYDENS GEBOORTE - VIR JOU VRYHEID MOET JY VEG. Die hardebandboek bevat 'n groot versameling foto's van die vrywilligers,
illustrasies van die oorlogsjare (sommige in volkleur) en ander interessanthede. Vir verdere besprekinge in Duits, Frans en Engels kyk asseblief na díe van The European Volunteers in the Anglo-Boer War 1899-1902 |