| Reguit | ![]() |
| Onthullings en Gesprekke oor Suid-Afrika se Geskiedenis 1989-1997 | |
| Pretoria: Contact Publishers 1997 | |
| Sagte band | |
| 248 bladsye, fotos | |
| ISBN 0-9584131-4-2 | |
| Preis: 9,00 € - R90,00 |
|
Inhoudsopgawe:
I. DIE VERLIES VAN VRYHEID II. DIE ONDERHOUDE III. DIE VOLKSTRAUMA Oor wat handel hierdie boek presies? In hierdie boek skryf die bekende outeur oor intrige en verraad in Suid-Afrika
se jongste geskiedenis. Hy noem die kind by sy naam - reguit. Hy sit FW
de Klerk se politiek na die "onomkeerbare pad" uiteen. Maar
dr Nordbruch lê ook krities die Boere en sy geesgenote se onvermoë
daar om hierdie vernietigingverldtog teen te staan. Dar was te veel gebabbel
en geklets en te min dade. Uittreksels uit die ONDERHOUDE: Gen Constand Viljoen: Die feit dat ons kommunisme uitgehou het uit Suid-Afrika en dat ons gehelp het om kommunisme wêreldwyd te verslaan beskou ek as my grootse prestasie. Mnr. Robert van Tonder: Die huidige politiese toestand in Suid-Afrika is seker die grootse gemors in die geskiedenis wat ons ken. Eintlik is dit maar goed dat dit so kom. Nou kan die mense sein wat aan die die gang is. Prof. Carel Boshoff: Dr. Verwoerd het geglo in die onafhanklikheid, in die vrywording van volke. En hy het daardie ideaal gesien vir die verskillende volke maar ook vir die Afrikanervolk. Mnr. Andrew Ford: Hierdie regering het kak met die Boere tot sy einde toe. Daar sal nog 'n opstand kom wat die wêreld nog nie gesien het nie. Dr. Ferdi Hartzenberg: Die Waarheids- en Versoeningskommissie is net 'n groot flip met die propaganda-doeleinde om die Afrikaner in dieselfde posisie te sit in wat die Duitsers gesit het of nog steeds sit: 'Jy is skuldig, jy het gesondig, jy moet boet.' Mnr. Jaap Marais: 'n Stelsel waar verskillende rasse en volke en godsdienste onder een parlamentêre dak will akkomodeer het nog alttd misluk. Kmdt. Willem Ratte: In Suid-Wes-Afrika het ons die oorlog gewen teen SWAPO en nogtans het Pik Botha en die puntig mallerige NP-Regering Suid-Wes weggegee. In Suid-Afrika was daar nie eers oorlog nie. Die ANC is deut die Russe beskryf as die mees onsuksesvolle guerrilla-beweging in die wêreld. Suid-Afrika is eenvoudig oorhandig. Boekbesprekings Die onderhoude wat gevoer word met Robert van Tonder, Jaap Marais, Constand
Viljoen, Ferdi Hartzenberg, Willem Ratte, Andrew Ford en Carel Boshoff,
is uiters insigwekkend. Nordbruch se reguit styl is iets wat ons (gebore)
Boere nog kan leer: om iets beskaafd reguit te sê sonder om beledigend,
venying of afbrekend te wees. Dit is 'n waardevolle toevoeging tot die politieke debat oor die Nuwe
Suid-Afrika. Dr. Nordbruch het 'n boek geskryf waarvan daar geen gelyke in ons taal
bestaan nie. Sy analise van die ANC se sg. Vryheidstryd is briljant. Dr.
Nordbruch se boek bereik blywende status as naslaanwerk juis omdat hy
so streng objektief bly. Ek moet u gelukwens met die onderneming. Die boek is aantrekklik geproduseer.
En die aangetekende uitsprake van verskillende politieke figure het heelwat
belangwekkends opgelewer. In 'n boek van dié aard word sobere objektiwiteit allermins verwag,
maar Nordbruch slaag daarin om soms met verbasend nugtere denke sy feitematerial
te hanteer. Die outeur huiwer nie om by geleentheid besonder krtities
na die onlangse geskiedenis in regse kringe te kyk nie. |