Israel kan nie met SA vergelyk word

in: RAPPORT, 29. Oktober 2006

Ek is sat daarvoor dat mense verwyt word as hulle dit durf waag om die rassistiese politiek in Israel te kritiseer, asook vir die lamlendige pogings om die Israelse regering se politiek te regverdig.

Ek verwerp ook die pogings om die behandeling van swart mense in die ou Suid-Afrika gelyk te stel aan die wyse waarop Israel die Palestyne behandel.

In die apartheidstyd is groot stukke vrugbare grond binne die grense van Suid-Afrika aan swart mense gegee. Israel, aan die ander kant, onteien al hoe meer van die Palestyne se grond.

In die apartheidstyd is die vrede grotendeels tussen die verskillende swart groepe bewaar. Alle swart mense het toegang gehad tot hospitale, winkelsentrums, siektebeheer, ensovoorts. Huise en onderwys was gewaarborg en hoofsaaklik gefinansier deur nie-swart belastingbetalers.

Met die invoer van geslaagde boerderymetodes is hongersnood in Suid-Afrika beëindig. Die aantal swart mense het gegroei en hul gemiddelde ouderdom het tot die hoogste in Afrika gestyg, ongeag of dié lande toe al “bevry” was of nog “onder die juk van wit rassiste”.

Asseblief, moenie die Israelse politiek “apartheid” noem nie; dit is baie meer vernederend, onmenslik en daarby ’n minagting van mense.


Kyk hierso vor die oorspronklike bladsy in RAPPORT