Hartlik welkom
op Dr. Claus Nordbruch se tuisblad
|
|

Op ons tuisblad sal u ingelig word oor die kontemporêre outeur en privaat dosent dr. Claus Nordbruch en veral oor sy menings en opvattinge oor Suid-Afrika en Duitsland se geskiedenis en staatskunde as ook ingelei word tot sy sienswyse oor die węreld (Weltanschauung).
Veral sal u diepgaande inligting kry oor sy boeke en bydrae in verskeie koerante en tydskrifte wat so ver gepubliseer is.
Ook sal u artikels kan lees wat oor aktuele en baie verskillende temas handel soos die »Tweede
Vryheidsoorlog 1899-1902«, »Vryheid van Spraak in Duitsland«,
»Vandag se politiese Situasie in Suid-Afrika« »Menseslagting in Duits
Suid-Wes-Afrika?«, »Sin van die Lewe«, »Gehalte en Betekenis van Liefde« of »Die ware Dimensie agter die Kwessie tussen Israel en Iran«.
Al die onder genoemde boeke is beskikbaar in goed toegeruste boekwinkels of kan via ons winkel
(SHOP/LADEN) bestel word. ![]()
Biografie
Claus Nordbruch, Ph D, van Oostenrykse afkoms is in Duitsland in 1961 gebore.
Hy het as luitenant in die Duitse leër gedien voordat hy as 'n universiteitsdosent in Suid-Afrika werksaam was. Hy het in
Pretoria kursusse in Duits, Geskiedenis, Kriminologie en Biologie gevolg voordat hy hom in
sy huidige beroep as openbare spreker, vryskutjoernalis en skrywer van boeke begewe het.
Meer as 100 artikels uit sy pen het reeds in fak- en ander publikasies in Suid-Afrika,
Duitsland, Oostenryk, Switserland, Rusland en die Verenigde State van Amerika verskyn.
Die
Stiftung Ostdeutscher Kulturrat (Die Oos-Duitse Kultuurraad se Stigting) het
gedurende 1998 by die Universiteit van Bonn aan hom 'n wetenskapprys verleen vir sy werk
»Über die Pflicht« (Rakende die plig).
'n Verdere eerbewys was aan hom toegeken in Duitsland in 2001
vir sy onverskrokke inset vir vryheid van spraak.
Belangrike boeke
-
»Heinrich Böll« (Frankfurt/M 1994) ['n ontleding van die werk van hierdie invloedryke linkse skrywer]
- »Über die Pflicht« (Hildesheim 1996) ['n uiteensetting oor die pligsbegrip soos dit in die werke van Siegfried Lenz (die beduidenste Duitse skrywer na 1945) vertolk word]
- »Ein Nationalstaat fürBuren?!« (Pretoria 1998) ['n bespreking oor 'n nasionale tuiste vir die Boere-Afrikaners in Suid-Afrika]
- »Sind Gedanken noch frei? Zensur in Deutschland« (München 1998, tweede oplaag in 2001) ['n deeglike ondersoek na die verskynsel van sensuur in die hedendaagse Duitsland]
- »Volksbetrug am Kap« (Berg 1998) ['n bygewerkte weergawe van die boek »Reguit« wat in Afrikaans verskyn het en 'n diepte-ontleding van die mees onlangse geskiedenis van Suid-Afrika bied]
- »Der Verfassungsschutz« (Tübingen 1999) ['n indringende ondersoek na die instansie wat oënskynlik verantwoordelik is vir die beskerming van die grondwetlike orde in Duitsland, maar in werklikheid al hoe meer as 'n »denke-polisie« in daardie staat optree]
- »Vir Vryheid en Reg« (Pretoria 2000) ['n baie indringende ondersoek en huldeblyk na die rol van buitelanders wat tydens die Tweede Vryheidsoorlog aan Boerekant geveg het. 'n Pragtige koffietafelboek]
- »Der deutsche Aderlaß« (Tübingen 2001, tweede oplaag in 2003, derde oplaag in 2006) ['n baie insiggewende unieke kritiek oor gruweldade teen die Duitse volk tydens en na die Tweede Wêreld Oorlog]
- »Der Hereroaufstand 1904« (Stegen 2002) [Militęre en geskiedkundige aspekte oor die Herero se opstand in Duits-Suid-Wes-Afrika]
- »Der Angriff« (Tübingen 2003) ['n baie insigwekkende studie oor die onomkeerbare uiteenstorting van die Bondsrepubliek Duitsland]
- »Völkermord an den Herero in Deutsch-Südwestafrika?« (Tübingen 2004, tweede oplaag in 2006) [díe oortuigende studie ooit wat die leuens oor die voorgewende volkemoord aan die Herero deur die Duitse koloniaalmag weerlę] Op die oomblik werk Dr. Nordbruch aan verskeie volumes van 'n unieke leksikon wat honderde van historiese en kontemporêre leuens weerlę. Verder het hy onlangs sy navorsing vir sy nuwe boek afgesluit, wat binnekort die lig sal sien. Dit handel oor Israel, die Jodedom en die Sionisme se magspolitiek en die betekenis daarvan vir die hele węreld.
Dr. Claus Nordbruch tree reëlmatig węreldwyd op by funkies en seminare in universiteite en by polities-kulturęle vergaderinge. Vir enige verdere inligting, navrae of boek bestellings maak gerus kontak met Dr. Nordbruch se kantoor.

Kyk híer vir bydrae in Afrikaans en Engels
ISRAEL KAN NIE MET SA VERGELYK WORD. Lesersbrief in Rapport
WILLEM RATTE - DIE LEGENDE. Die lewe en
ideale van 'n Duitse Boer in die stryd om reg en vryheid in Suid-Afrika
Beskikbaar as pdf data
Ons Volksliedtjies
South African Folk Songs
The Evil of Political Correctness in
Germany
Restrictions and repression in the most liberal state that ever existed on German soil
Buitelanders aan die kant van die
Boere
Europese Vrywilligers tydens die Tweede Vryheidsoorlog 1899-1902
The presidential election in
Zimbabwe
Aftermath and begin of an African tragedy
Surprise!
»South Africa ›better under apartheid‹«
Absence of Intellectual Freedom
Restrictions and repression in Germany